Formule Een

Formule Een
Land/Gebied Internasionaal
Stigting 1950
Bestuurders 20
Buitebande Pirelli
Huidige seisoen 2024 seisoen
Tuisblad formule1.com
Openingslinie van die 2008 Kanadese Grand Prix

Formule Een (amptelik FIA Formula One World Championship), dikwels afgekort tot F1 en ook bekend as Grand Prix-wedrenne, is die hoogste enkelsitplek (oopwiel) motorwedrenklas. Dit is 'n internasionale motorsport, wat jaarlikse wêreldbestuurders- en vervaardigerskampioenskappe insluit. Baie geesdriftiges beskou dit as die toppunt van motorwedrenne; dit is ook die duurste sport ter wêreld, met gemiddelde spanbegrotings in die orde van honderde miljoene VSA-dollar. Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne, bekend as grands prix, op pasgemaakte bane of afgebakende strate.

Die sport is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwe wedrenne in Aboe Dhabi, Bahrein, Maleisië, China en Turkye het die sport se internasionale karakter en aansien verder versterk.

Die sport word beheer deur die FIA, Fédération Internationale de l'Automobile, wat op sy beurt hoofsaaklik bevorder en beheer word deur Bernie Ecclestone.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne